Indiese kuns

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Indië se kunstige erfenis is baie ryk en tel onder die oudste ter wêreld. Beeldhoukuns, wat as 'n hoogs gerespekteerde medium vir kunstenaars beskou word, word gereeld binne die land se kunstige tradisies gebruik. Historiese geboue is gereeld oorvloedig met beeldhouwerke versier. Die onderwerp van die Indiese beeldhoukuns is gewoonlik menslike figure wat Hindoeïstiese, Boeddhistiese en Jain-godsdienstige lewensbeginsels uitbeeld. Onder die Indiese skilderkuns kom die Boeddhistiese muurskilderye van die Ajanta-grotte in Maharashtra, die Brihadishvara-tempel in Thanjavur, die groot muurskilderye van Ellora, die miniatuurtradisie van die Mughaltye en die werke van die Tanjore-skool voor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne